Kontak | Contact: 011 953-1165 / 087 985 2560

Magneetskool


Monnas Magneetskool

VLNR: me. Krogh; me. Louw; me. de Beer; me. Ghyoot (HOD); me. Scholtz; mnr. Retief; me. Loots; me. Stone.

Monnas Magneetskool

Personeel & studente aan die Monnas Magneetskool. Staff & students of the Monnas Magnet School of Arts.

Monnas Magneetskool

Ontmoet ons Top 10 studente vir 2013. Meet our Top 10 students (2013).

Monnas Magneetskool

Hoërskool Monument se Magneetskool vir musiek herdenk in 2016 sy 44ste bestaansjaar. Die musieksentrum, wat in 1972 sy ontstaan gehad het met slegs ‘n handjievol onderwysers en leerlinge, het die toets van die tyd deurstaan. Die sukses van musiekonderrig aan Monnas se Magneetskool word gemeet aan die groeiende hoeveelheid leerlinge wat jaarliks eksterne eksamens slaag, uitstekend presteer tydens deelname aan eisteddfods en musiek as matriekvak aflê. Kwaliteit onderrig deur spesialisonderwysers is ‘n maatstaf wat ons met trots handhaaf.

Monnas se Magneetskool word beskou as een van die min departementele musieksentra wat werklik suksesvol funksioneer. Ons leerlingtal strek oor die 200 en leerlinge kan kies uit sewe instrumente waarin onderrig gegee word: Klavier, viool, sang, tjello, kitaar, blokfluit en dwarsfluit. Musiekteoretiese onderrig is van uitstaande gehalte en ons onderwysers haal elke jaar Unisa se merietelys vir puik eksamenuitslae. Van ons simfoniese instrumentaliste word jaarliks gekies as lede van Simfonia Juventi, ‘n provinsiale jeugsimfonieorkes van uitstaande kwaliteit.

Die Monument Instrumentale Eisteddfod toon volgehoue groei met meer as 1300 inskrywings in 2015. Beoordelaars en deelnemers was eweneens beїndruk met die puik organisasie van die Eisteddfod, asook ons fasiliteite en die standaard van die deelnemers. Magneetskoolleerders het met meer as 600 inskrywings ‘n gemiddeld van 80,6% behaal.

Ons leerlinge presteer ook by ander kunswedstryde. Twee Magneetskool leerders.is na afloop van die matriek praktiese eksamen genooi om by die uitblinkerskonsert van graad 12 leerders op te tree.

By Monnas se Magneetskool is ons trots op elke individu wat hom- of haarself daartoe verbind om ‘n musiekinstrument te bemeester ter wille van die genot daarvan. Met dié uitgangspunt, sien ons uit na ‘n toekoms waar ons musiekmaak vir Monnas, maar ook vir die gemeenskap, ‘n pronkstuk sal wees.

Viva la Musica!

Top studente vir 2013.

Monnas Magneetskool

Junior Dux-leerder vir 2013, Willie Naudé.

Snr-Dux-2013-Andre-Breet

Senior DUX-leerder vir 2013, André Breet!

Kontak ons / Contact us


Tel. no.: 011 665-2884


Registrasievorm KLIK HIER
Application Forms CLICK HERE.
Nuusbrief / Newsletter: [contact-form-7 404 "Not Found"]