Koshuis Fasiliteite

Die hartklop van Monnas

Koshuis

Die CP- en HP-Koshuise speel ‘n beduidende rol in die vorming van uitblinkers op elke denkbare platform in die samelewing. Met toeganklikheid tot die groot verskeidenheid aktiwiteite wat Monnas bied, ondersteun ons elke individu om sy/haar potensiaal te ontdek. Daarom word betrokkenheid by sport- en skoolaktiwiteite baie sterk aangemoedig.

Die koshuis is ‘n nuwe ervaring vir elke graad 8-leerder wat die koshuis hul voornemede tuiste wil maak. Onder leiding van die koshuisraad word hul verwelkom en touwys gemaak voordat die ander koshuisleerders terugkeer in Januarie.

Koshuis Bestuur

  • Mnr Dawie Kruger – CP Senior Koshuisvader
  • Me Lizelle van der Walt – CP Senior Koshuismoeder
  • Mnr Francois Robbertse – HP Senior Koshuisvader
  • Mnr Werner van den Berg – HP Senior Koshuisvader
  • Riaan Swanepoel – Koshuisbestuurder

.