Sport
Sport lê ons naby aan die hart
Sportsoorte
(Klik op die onderstreepte teks vir meer inligting)
- Atletiek
- Netbal
- Hokkie
- Tennis
- Krieket
- Fietsry
- Swem
- Ruitersport
- Rugby
- Skaak
- Jukskei
- E- Sport
- Muurbal
- Gholf
Fietsry / Cycling
Monnas het 31 Bergfietsryers wat aan die Cycle Lab Gauteng Skole, Trailseeker en XCO reekse deelneem. Die 5 Gauteng skole wedrenne wat in 2025 hoogtepunte op ons kalender is:
31 Mei – Riversands Farm Village,
21 Junie – HTS John Vorster,
16 Augustus – Eye of Africa Eikenhof,
30 Augustus – Steyn City en die Hoogtepunt en Finaal word hierdie jaar op 13 September by Monnas aangebied. Meer as ‘n 1000 ryers en hul ouers word verwag.
Die Nasionale Bergfietskampioenskappe vind 4 en 5 Oktober by Michaelhouse Natal Midlands plaas. Ons hoop om weer hierdie jaar ‘n hele paar ryers te hê wat hiervoor kwalifiseer.
Oefeninge vind Dinsdae tot Donderdae by die skool plaas van 14:15-16:00. Die ander dae en naweke oefen ryers op hul eie. Gr.7 leerders word ook uitgenooi en aangemoedig om reeds in Gr.7 aan te sluit by die oefeninge omdat hul vaardighede dan reeds aangeleer is teen die tyd dat hulle in gr.8 begin ry vir Monnas. Baie dankie aan ons Monnasouers wat ons ryers so mooi ondersteun, veral ook reeds met die bou van ons baan vir September se finaal. Ons waardeer julle ongelooflik baie!
Baie dankie ook aan ons personeel, Mnr Ockert Vermeulen (mede-afrigter) en Mev Esté Beekman (Adminstrasie en kommunikasie) vir hul bydrae om Bergfiets verder te ontwikkel en te bestuur.
Rugby
Hoërskool Monument in Krugersdorp, alombekend as “Monnas,” is sinoniem met uitnemendheid in skolerugby. Met ’n geskiedenis wat dekades terugstrek, het die skool talle provinsiale en nasionale spelers opgelewer. Die eerste span, die “Wit Bulle,” is bekend vir hul kragtige spelstyl en kompeterende gees teen top rugby-instellings regoor die land.
In 2024, na ’n uitdagende seisoen, as deel van ’n strategiese herstrukturering is Reinhardt Gerber as hoof van rugby aangestel, met die voormalige Springbok-stut Jannie du Plessis as hoof van afrigting. Hierdie nuwe afrigtingspan bring nie net ervaring nie, maar ook ’n hernude fokus op dissipline, tegniek en spelintelligensie.
Die rugbyportefeulje by Monnas strek veel verder as net wedstryde. Die skool is aktief betrokke by hoëprestasieprogramme soos dié van die Lions, en verskeie spelers is reeds geïdentifiseer vir verdere ontwikkeling. Met ’n uitdagende 2025-seisoen, is Monnas vasbeslote om hul plek aan die bopunt van skolerugby te herwin.
Swem / Swimming
Monnas se swemspan bestaan uit 50 swemmers.
Elke Donderdag is daar vriendskaplike gala’s om sodoende ons Interhoër-swemspan saam te stel. Die swemseisoen is gedurende die 1st Kwartaal en 4de Kwartaal. Daar is jaarliks swemmers wat ons provinsie met trots verteenwoordig plaaslik asook internasionaal.
Swem organiseerder: Janeke Dykema
Tennis
Monnas se tennis bestaan uit senior dogters, senior seuns, junior dogters en junior seuns. Ons neem jaarliks deel aan die NWU toernooi vir kleinsportsoorte, Pretoria liga en Nelspruit se Groot Vyf toernooi. Oefening is Dinsdae 14h15-15h15 vir die seniors en 15h15-16h15 vir die juniors.
Afrigter: Ruan Dominicus 065 944 4553.
Organiseerser: Bianca Benneke.
Atletiek /Athletics
Monnas is baie trots op ons atlete met ‘n baie suksesvolle atletiekseisoen. Ongeveer 120 atlete het die skool by verskeie atletiekbyeenkomste verteenwoordig.
Verskeie atlete verteenwoordig Monnas by die Gauteng en die SA Kampioenskappe.
Daar is 15 afrigters wat die atletiekspan afrig in verskeie items. Van hierdie afrigters het op Nasionale vlak Suid-Afrika verteenwoordig en neem steeds deel aan kompetisies. Die atlete en afrigters word bestuur onder leiding van Mnr Trompie vd Berg en Mev Tania Kelfkens.
Groot dinge word verwag vir die res van die seisoen.
Ruitersport / Equestrian sports
Die Monnas ruitersport bestaan jaarliks uit gemiddeld 8 ruiters wat aand ie SANESA kompetisie deelneem.
Kompetisies begin in Kwartaal 1 en die “Qualifier 4” is gewoonlik gedurende Augustus.
Leerders neem deel aan 3 verskillende items.
Oefeninge is by onderskeie ryskole.
Ruitersport eis baie ure van harde werk en toewyding van beide ruiter en perd.
Skakel gerus met Juf. Vanessa van Biljon vir meer inligting.
Hokkie / Hockey
At Monnas, we believe in investing in all our players, and for that reason, we have top level coaches at all our age groups who trains daily with all our teams on our Astro hockey field.
Monnas hockey boasts with 50 players who are included in the D2 teams, 21 players who represented Southern Gauteng, and two players who were included in the U16 South African Schools High Performance squad in 2022.
Every year we play well over 200 matches split across our 7 girls and 4 boys teams.
For more information, contact Divan Geyser. hokkie@monnas.co.za
Netbal / Netball
Monnas netbal bestaan uit 13 spanne (om en by 140 dogters) met 11 afrigters wat almal oor NSA vlak 1 en vlak 2 kwalifikasies beskik.
Ons het 5 splinternuwe netbalbane en ‘n spoggerige nuwe klubhuis.
Toernooie waaraan ons jaarliks deelneem:
Menlopark Toernooi
HTS Middelburg Toernooi
Irene Seymore Toernooi
Jomo liga wat uit 8 skole bestaan
Fast 5 kompetisie
Al ons A-spanne kwalifiseer die afgelope vyf jaar om aan die Gauteng Kampioenskappe deel te neem waar ons briljant presteer. Vier spanne eindig TOP 8 in Gauteng in 2024.
In 2024 het die 0/15A span algeheel 3de in Suid-Afrika geëindig!
AFRIGTERS:
O/14 A Renske Stoltz, Anzel Marais en Carina Jacobs
O/15 A Lindie Lombard & Ashley Victor
O/16 A Erika Steyn & Zandrè Erasmus
O/17 A Renske Stoltz, Anzel Marais en Carina Jacobs
Eerste Span Zandré Erasmus & Erika Steyn
O/14 B Hanelie Claassens & Carina Jacobs
O/14 C & D Imani Klopper
O/15 B Sunè De Bruyn
O/15 C Chanel Louw
O/16 B Crizelda vd Vyver
Kwaggas Jessica Coetzer
Krieket / Cricket
Monnas is proud of our Cricket program.
AFRIGTERS:
Donavan Kroet (Head of Cricket)
Central Gauteng Lions u15 Coach and selector
UJ Rivonia U18 Head Coach
Bank All Stars u15 and Senior Coach
Jabulani Khwezi
1st team Monument/u16
Randfontain Prem Head Coach
Qualified level 2 CGL umpire
Gauteng West u19 Selector
Bruce Jaftha
U14/u15 Monument Coach
Rivonia Rangers u11 Coach
Gauteng West u15 Coach and Selector
Delfos Prem Cricketer
Ethan Klassen
U14/u15 Monument Coach
Randfontein Cricket Club Prem Cricketer
Monnas has the following cricket teams:
1st team
1st team girls
2nd team
U16
U15
U14
Cricket seasons at Monnas:
January – March
August – November
We play in the following leagues:
1st team and u15 – Finsbury League
U14, u16 and 2nd team – Joburg Co-ed Schools League
1st team and u15 – Noordvaal
Competitions/Festivals:
Johnny Waite
Fourways Cricket Fest
Woerieweek
Potchefstroom Festival
Met toeganklikheid tot die groot verskeidenheid aktiwiteite wat Monnas bied, ondersteun ons elke individu om sy/haar potensiaal te ontdek. Daarom word betrokkenheid by sport- en skoolaktiwiteite baie sterk aangemoedig.
Sport Fasiliteite
Ons skoolterrein is al menigmaal na verwys as ‘n kampus vanweë die uniekheid en grootte op die Ottoplein-koppie.
- Rugbyvelde
- Tennisbane
- Opgegradeerde Netbalbane
- Binnenshuise Krieketgeriewe
- Krieketgeriewe
- Opgegradeerde Gimnasium
- Hokkie Astrobaan
